Hennie Joubert Piano Competition

 

In 1983 het die Suid-Afrikaanse klaviervervaardiger Dietman die Wellingtonse Musiekvereniging deur hulle kontak met Dr Manie Rust met ‘n borgskap vir die bevordering van die uitvoerende kunste genader. Daar is besluit om die fondse te gebruik vir ‘n nuwe klavierkompetisie. Kort daarna het Joan de Villiers (voorsitter van die Wellingtonse Musiekvereniging) vir Hannelie Prinsloo, André Serfontein en Bennie van Eeden genader om saam met haar as stigterslede vir die Dietman Klavierkompetisie te dien. Die eerste kompetisie het in 1984 plaasgevind met Virginia Fortesque, Bennie van Eeden en Cecilia Lourens as beoordelaars. Latere beoordelaars sluit in John Roos, Hubert van der Spuy, Juliana de Villiers, James May, Hendrik Hofmeyr, Johan de Klerk, Ian Smith, Ruth Goveia en Mari Gerdes.

In 1986 sterf een van die mees invloedryke musici wat Suid Afrika nog opgelewer het onverwags, en word daar besluit om die Dietman Klavierkompetisie ter nagedagtenis aan Hennie Joubert te herdoop na die Hennie Joubert-Klavierkompetisie. Die Hennie Joubert-Klavierkompetisie word sedertdien erken as die mees prestigeryke klavierkompetisie vir die Suid-Afrikaanse jeug. Vorige deelnemers aan die kompetisie lees soos ‘n lys van die mees toonaangewende musici van Suid-Afrika.

Die kompetisie is in die Goodnowsaal van die destydse Onderwyserskollege op Wellington gehou. Aanvanklik was die finale ronde saam met ‘n tweede klavier uitgevoer in die Wellingtonse Stadsaal, maar later is die finaal saam met orkes in die Endlersaal op Stellenbosch gehou. Na 20 jaar het die kompetisie tydelik tot stilstand gekom. André Serfontein wat deur die jare as organiseerder vir die Hennie Joubert-Klavierkompetisie opgetree het, nader in 2011 die Departement Musiek aan Stellenbosch Universiteit wat besluit om die kompetisie as deel van die tweejaarlikse Klaviersimposium voort te sit. Deur mildelike borgskappe van die Rupert Musiekstigting, Yamaha en Global Music word die 2012 Hennie Joubert-Klavierkompetisie weer in die lewe geroep met een van die stigterslede: Bennie van Eeden, wat op die beoordelingspaneel dien. In 2016 maak hierdie borge dit weereens moontlik vir die Hennie Joubert Klavierkompetisie om die ontwikkeling van die mees talentvolle jong pianiste in Suid-Afrika voort te sit.

 

PRYSWENNERS

 

2014
Landi Schaap
Lezanti van Sittert
Ewan Slabber
Roelof Temmingh *
Bronwyn van Wieringen

2012
Sulayman Human*
Caryn Reed
Roelof Temmingh
Lezanti van Sittert
Rashalia Pather

2002 (laai af programme)
Nadine Holemans
Sylvia Jen
Nico Lourens
Isabelle van Rensburg
Annemie Stimie
Ben Schoeman*
Bruce Williams
Esthea Kruger

2000 (laai af programme)
Nico de Villiers
Nadine Holemans
Sylvia Jen
Justin Krawitz
Esthea Kruger
Grethe Nöthling*
John Ntsepe
Inette Swart
Willem van Schalkwyk
Janándi van Schoor

 

1999 (laai af programme)
Anne Marshall
Heloïse Murdoch
Louis Nortje*
Grethe Nöthling
Inette Swart

1996 (laai af programme)
Chien-Jung Chen
Sophia Grobler
Alison Heher
Cara Hesse*
Li-Li Huang
Sonya Hwang
Stephen Pierce
Cecilie Siebrits
Kathleen Tagg
Salmome van der Walt

1994 (laai af programme)
Tinus Botha
Charl de Villiers
Shirli Gilbert
Kerren Hendey
Ji-eun Lee
Bernard Linde
Marelize Marx
Viviana Savov*
Kathleen Tagg
Salomé van der Walt

1992
Charl de Villiers
Alex Gabriel
Shirli Gilbert
Kerryn Hendey
Charlene Jansen van Rensburg
Herman Jordaan
Jonathan Oshry
Hanja Strydom*
Riana Vermaak
Esté Visser
Hilda Visser

 

1990 (laai af programme)
Jeanne-Minette Cilliers*
Melissa Fourie
Margaret Foxcroft
Alex Gabriel
Anthony George
Pierre-Jacques Joubert
Mark Nixon
Maria Sperling
Hanja Strydom
Hillet van den Berg

1988 (laai af programme)
Jeanne-Minette Cilliers
Maurice Fine
Margaret Foxcroft
Anthony George
Marida Koekemoer
Stephánus Muller
Daniël-Ben Pienaar*
Nina Schumann
Lynette Stulting

1986 (laai af programme)
Ingrid Beute
Jeanne-Minette Cilliers
Shallice Cockram
Christopher Duigan
Catherine Foxcroft
Maryke Funk
Rachelle Jonck
Elsabeth Lubbe
Petronel Malan*
Vincent Rowley
Nina Schumann
Tertia Visser

1984 (laai af programme)
Annalené Badenhorst
Rachelle Jonck*
Nicolene van der Walt
Tertia Visser
Claudia Weyranther
Wendy-Anne Woodland